Skip to main content

Kobras is in staat om met ‘n enkele pik ‘n dier of mens dood te maak die oomblik wat hulle gebore word.

Baba-kobra-gif is net so kragtig soos ‘n volwasse kobra se gif. Hulle pik is gevaarlik omdat kobras groot hoeveelhede gif in ‘n enkele hap kan inspuit. Kobra-gif bevat ‘n neurotoksien wat die sentrale senuweestelsel aantas en kan lei tot verlamming, respiratoriese stelselversaking en dood.

Ander interessanthede omtrent die slangfamilie: hulle is “sonkrag-aangedrewe” en maak ten volle staat op eksterne hitte of ligbronne, nie alle slange lê eiers nie, hulle ruik met hulle tonge, het nie ooglede nie en slaap dus met oop oë. Slange beweeg voort op vier verskillende maniere: laterale golwing, konsertina-, sywaartse en reglynige beweging.

 

 

Leave a Reply