Goeie nuus vir vuurwapeneienaars wie se lisensies verval het, is dat hulle nou weer geldige lisensies kan bekom.
In ’n waterskeidingsaak het die Grondwethof verlede week beslis oor vuurwapeneienaars wat nie hul vuurwapenlisensies betyds hernu het nie en daarna verbied is om ’n geldige lisensie te bekom. Volgens die uitspraak word hulle nou weer toegelaat om prosesse binne die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000) te volg om weer ’n geldige lisensie te bekom.
AfriForum se regs- en risikobeampte, Armand Greyling. het gesê hulle is verheug oor die nuus en hoop die minister van polisie sal so gou moontlik voorskrifte uitreik en regulasies uitvaardig om uitvoering aan die Grondwethof se uitspraak te gee.