Skip to main content

Piepklein oesmuise het styl. Hulle hou daarvan om tussen tulpblare te slaap. Hierdie diertjies het die wêreld aan die gons sedert fotograwe begin het om foto’s van hulle op die internet te deel.

Erken dit, die een wil ouliker wees as die ander …

Die oesmuis (ook bekend as die Ouwêreldse Oesmuis) is die kleinste knaagdier wat slegs op die vastelande van Europa en Asië gevind word, en leef veral in gebiede waar hoë grasvelde en saailande voorkom.

Hulle is die enigste soogdiere in Groot Brittanje met ‘n stert wat soos ‘n poot werk. Dit stel hulle in staat om stingels en takkies vas te gryp in die lang grasse waarin hulle woon.

Oesmuise is ‘n baie algemene gesig in sommige stedelike plekke en tussen grasse wat oor die twee kontinente versprei is. Hulle is van die meer algemene lede van die natuurlewe in sommige dele van Engeland en die res van Europa, maar met die koms van landboutegnologie en vinnige verstedeliking is die leefwyse van hierdie klein soogdiere onder druk en neem hul bevolkings ongelukkig deurgaans af.

Dis onwaarskynlik dat hierdie muise in stedelike nedersettings en huise sal inkom om verwoesting te saai. Hulle word selde buite plaaslande en woude gesien. Hulle kos is oor die algemeen sade en graankoppe – hulle is nie bekend daarvoor dat hulle kos in huishoudings steel nie.

Hoor ek ‘n “ag moederrrrr” iewers? Of praat ék hardop?

Leave a Reply