Skip to main content

Meer arrestasies word in die Digital Vibes-ondersoek verwag.

Andy Mothibi, hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), het bevestig “meer arrestasies” word verwag nadat nog bewyse tydens die Digital Vibes-ondersoek gevind is waarin ‘n staatsdepartement regstreeks betrokke is.

“Gegrond op die bewyse wat ons in die Digital Vibes-saak gelewer het, sal nog arrestasies volg,” het Mothibi in ‘n eksklusiewe onderhoud gesê. Daarin het hy ook uiteengesit hoe die SOE probeer om meer doeltreffend te funksioneer om diegene wat skuldig aan korrupsie is tot verantwoording te roep.

Die SOE het toestemming gekry om regstappe te neem teen die voormalige minister van gesondheid, Zweli Mkhize, se familielede. Dit hou direk verband met die beweerde korrupte opbrengs van die R150-miljoen-kontrak wat Digital Vibes met die departement van gesondheid gesluit het.

Leave a Reply