Skip to main content

‘n Verdoemende verslag bevestig Eskom se mega-steenkoolkragstasie, Medupi, sal nie ‘n positiewe finansiële opbrengs oor sy leeftyd behaal nie.

Die nuwe verslag is nogals van een van Eskom se befondsers van die Medupi-projek, African Development Bank (AfDB). Die AfDB wat R10,6 miljard aan Eskom in 2009 geleen het, het sy projekvoltooiingsverslag gepubliseer.

Dit beskryf die talle probleme rondom die projek, wat jare langer geneem het as wat verwag is om te voltooi en boonop miljarde oor die begroting gegaan het. ’n Gedeelte van die verslag bevat ’n koste-voordeel-ontleding wat aan die lig bring dat hoewel Medupi steeds ’n positiewe ekonomiese impak sal hê, sal dit kleiner wees as wat verwag is. Dis in werklikheid ’n “gestrande bate” waarvoor Eskom nooit die koste van konstruksie ten volle sal verhaal nie, lui die verslag.

Daarvolgens is die R450 miljard-skuld wat aangegaan is om die kragstasies Medupi en Kusile te bou, die grootste bydraende faktor wat Eskom se finansiële stabiliteit laat sink.

Leave a Reply