Wie het ooit gedink dat motte oulik kan wees?
Wel, die Venezolaanse poedelmot sal jou moontlik van gedagte laat verander.
Hierdie redelik nuwe motspesie, die Venezolaanse poedelmot, is steeds ‘n raaisel vir dierkundiges. Dit is in 2009 ontdek deur dierkundige Dr. Arthur Anker van Bishkek, ‘n stad in Kirgistan.
Baie mense het gedink Anker steek die draak toe hy foto’s van die nuwe motspesie wat hy in die Canaima Nasionale Park in Gran Sabana, Venezuela, wys. Die internet het gegons met foto’s soos dié een met Tom Hanks…
Maar helaas, die oulike dingetjie bestaan regtig.
Lekker nuus is afrikaans dankie