Navorsers het ontdek dat rotte dit geniet om gekielie te word maar net as hulle nie gestres is nie, en in die regte bui is daarvoor.
Terwyl hulle onder ‘n helder lig gestaan het, was ‘n rot se “kielie”-selle baie minder aktief en hul reaksie meer gedemp. Dieselfde neurone was ook meer aktief toe die navorsers ‘n speletjie gespeel het waarin die rotte ‘n navorser se hand gejaag het nadat hulle gekielie is. Die diere het vrolik rondgespring nadat hulle gekielie is.
Ander interessanthede oor rotte en muise:
Hulle het swak sig, maar uitstekende sintuie van tas, smaak en reuk.
Hulle is nagdiere.
Rotte en muise plant vinnig voort – ’n familie van ses muise kan binne net drie maande tot tussen 50 en 60 groei.
Rotte kan tot 3,5 voet vertikaal spring.
Dit is bekend dat rotte ‘n val van ‘n 5-verdiepinggebou kan oorleef.
Knaagdiere (veral dakrotte) is ongelooflik goeie klimmers.
Nou ja, nou gaan ek ‘n rot soek om te kielie…