Skip to main content

Ons ou vriend beurtkrag dreig om weer te kom kuier.

Eskom se mediaverklaring gister lui as volg:

Eskom is jammer om die publiek in te lig dat, weens die onklaarraking van ‘n opwekkingseenheid elk by Majuba- en Medupi-kragstasies vandag, Fase 2-beurtkrag vanaf 17:00 tot 22:00 vanaand geïmplementeer sal word. Drie opwekkingseenhede sal na verwagting teen vanaand weer in diens wees, wat deur die nag sal toeneem.

Eskom sal voortgaan om die stelsel noukeurig te monitor, aan te pas en enige veranderinge te kommunikeer soos nodig mag wees. Ons doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om te help om die impak van die tekorte te beperk deur voort te gaan om die gebruik van elektrisiteit te verminder en om alle nie-noodsaaklike items af te skakel.

Ons wil die publiek daaraan herinner dat beurtkrag slegs as ‘n laaste uitweg geïmplementeer word om die nasionale netwerk te beskerm. Ons doen dus ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om voort te gaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik veral tussen 05:00 – 09:00 in die oggende en 16:00 – 22:00 in die aande.

Dit blyk dat beurtkrag nie vandag sal plaasvind nie, maar met Eskom kan mens nooit sê ‘nie vandag nie’.

Leave a Reply

error: Content is protected !!