Skip to main content

ISAAC CLOETE

Sy is waarskynlik die bekendste vroue-dominee in die land met of sonder geite.

Sy is die VGK “dooms” met die rooi lippies en hoëhakskoene wat die wêreld aan die praat het met haar geite-video’s op Tik Tok.

Dis reg, dit is ds Farren Cloete (née Watt)  wat Saterdag tydens ‘n streng-privaat troue afgehaak het. Sy het ‘n strop om die polisieman in haar lewe se nek gesit. Die sprokiestroue was by ‘n grênd landgoed in Kaapstad.

Farren (27), oorspronklik van Springbok, het trou gesweer aan Bradley Cloete, haar liefde van ‘n paar jaar. Die aangeleentheid was baie privaat met net 14 persone teenwoordig, het haar pa vertel.

Farren is sedert September 2019 die geestelike herder van die VGK-gemeente te Lambertsbaai. Dis hier waar sy bekend geword het oor haar onortodokse domineeskap.  Met rooi lippies en hoëhakskoene het dit gou deel geword van haar bediening en “moderne christenskap.”

Toe Farren met haar bekende en gewilde Tik Tok video’s, genoem, “Geite,” begin het, was daar geen keer aan hierdie vriendelike en gewilde  dominee nie. Veral haar  aansteeklike glimlaggie en oop persoonlikheid laat mense snak hulle asems.

Hier plaas sy gereeld koddige insidente en geite oor haar doen en late. Soms alleen of saam met haar man, Bradley.

Toe sy Sondag ‘n foto op Facebook plaas waar sy en Bradley op hul troue wals, het dit weer ongekende belangstelling gewek. Toe het 7 300 mense dit “gelike”,  1 500 volgelinge daarop “gecomment” en dit het 176 “shares” gehad.

 

 

 

 

 

Leave a Reply