Skip to main content

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het berigte ontvang oor ‘n ‘eis’-kennisgewing wat aan belastingbetalers per e-pos gestuur word. Volgens die eis vir betaling’, wat lyk asof dit van die SAID af kom, word belastingbetalers ingelig dat hulle hul uitstaande belastingskuld na ‘n ‘blockchain wallet’ moet stuur of dat hulle op ‘n swartlys geplaas gaan word.

Die e-posse is eintlik daarop gemik om die belastingbetalers se persoonlike inligting, soos ID nommers en bankrekeningnommers, te bekom.

Ander voorbeelde sluit in e-posse wat blyk te wees van returns@sars.co.za of refunds@sars.co.za wat aandui dat belastingbetalers in aanmerking kom om belastingterugbetalings te ontvang.

Hierdie e-posse bevat skakels na vals vorms en vals webwerwe wat gemaak is om soos die “regte ding” te lyk.

Die SAID het gesê dat hierdie e-posse nie van hulle af kom nie.

SAID belastingbetalers moet kennis neem van die volgende:

  • Moenie e-posse van onbekende bronne oopmaak of daarop reageer nie.
  • Pasop vir e-posse wat vra vir persoonlike, belasting-, bank- en eFiling-besonderhede (aanmeldbewyse, wagwoorde, pinkides, krediet-/debietkaartinligting, ens.).
  • Die SAID sal nooit jou bankbesonderhede aanvra in enige kommunikasie wat jy per pos, e-pos of SMS ontvang nie. Vir die doel van telefoniese betrokkenheid en stawingdoeleindes, sal die SAID egter jou persoonlike besonderhede verifieer. Dit is belangrik dat die SAID nie vir jou enige hiperskakels na ander webwerwe sal stuur nie – selfs dié van banke.
  • Pasop vir vals SMS’e.
  • SARS stuur nie *.htm of *.html aanhangsels nie.
  • Die SAID sal nooit vir jou kredietkaartbesonderhede vra nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!