Het jy geweet dat olifante kan onderskei tussen tale van mense wat op hulle jag maak, en dié wat dit nie doen nie?
Hierdie reuse diere het ‘n uitstekende gehoorsintuig, en het hul eie taal wat bestaan uit blaf-, huil-, brul- en snorkgeluide, maar kan ook klank oor lang afstande deur hulle voete optel.
Hul is baie lief daarvoor om in water te speel, en hierdie hoogs sosiale en intelligente wesens demonstreer gedrag soos altruïsme, vriendelikheid en deernis teenoor mede-olifante.
Olifante is sensitiewe siele met sterk familiebande, en hulle sal aan PTSV ly as hulle moet aanskou hoe familielede mishandel of doodgemaak word. Hierdie diere het ook uiters lang geheue. Kalwers wat byvoorbeeld deur stropers wees gelaat word, sal selfs dekades later PTSV-agtige simptome toon.
Jong olifante is afhanklik van die oues wat hulle moet oplei om te oorleef.
Hierdie grys reuse se slurpe het 40 000 spiere waarmee hulle eet, ruik, geluide maak, asemhaal onder water, verdedig en hulself skoon maak.
Olifante se oorvloedige sensitiwiteit is veral te sien wanneer een van hulle siek of dood is. Hulle sal selfs aan die dier voel met hul slurpe, aan hulle ruik, en die wilde diere wat hulle probeer eet, verjaag.
Olifante is duidelik dadelik lief vir enige nuwelinge. Wanneer ‘n baba-olifant gebore word, sal ander ma’s in die sosiale groep uitbasuin om die baba se aankoms te vier of aan te kondig