Skip to main content

CORLIA VAN DEVENTER

’n Liggaam en 18  pasiënte by Steve Biko hospitaal moes vanoggend verskuif word toe ’n brand skielik daar uitgebreek het.

Die brand het omstreeks 01:20 ontstaan.

Volgens die Gautengse Departement van Gesondheid het die brand uitgebreek by ‘n wendy-huis wat gebruik word as ‘n tydelike stoorarea vir Covid-19 mediese afval, en waar liggame van afgestorwenes gehou word voordat dit na die lykshuis of elders geneem word.

Die brand het tydelike strukture buite die hospitaal se ongevalle-eenheid geraak.

Hospitaalpersoneel het die brand geblus met brandblussers wat op die terrein aangehou word.

Niemand is tydens die brand beseer nie.

‘n Woordvoerder vir die Gautengse Departement van Gesondheid, Kwara Kekana, het aan Die Waarheid gesê dat daar nog geen nuwe inligting beskikbaar is oor hoe die brand ontstaan het nie.

Leave a Reply