Siyabonga Gama, die voormalige uitvoerende hoof van Transnet, het vanoggend in die Palm Ridge-landdroshof in verband met aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery verskyn.
Vier ander mans, insluitende Transnet se voormalige waarnemende finansiële hoof, Gerry Peter, en die voormalige groeptesourier, Phetolo Ramosebudi, was saam met hom voor die hof.
Die vyf is Vrydagoggend by die Brackendowns-polisiestasie deur die Valke en die Onafhanklike Direktoraat in hegtenis geneem.
Die Kommissie van Ondersoek na Staatskaping het in die tweede deel van sy verslag die vervolging van die vyf aanbeveel.