Skip to main content

Van alle diere op aarde het slakke die meeste tande. Ja, jy het reg gelees. ‘n Slak se bek, wat soms die grootte van ‘n kopspeld kan wees, kan ongeveer 20 000 tande huisves.

Boonop bevat slaktande een van die sterkste natuurlike materiale ter wêreld.

Daar is meer seeslakke as die goedjies wat jou in jou tuin verpes, en beide spesies het saam meer as 60 000 spesies.

Slakke se lewensduur is ingeveer sewe jaar in die natuur maar hulle kan tot 25 jaar in gevangenisskap, as troeteldiere, leef.

Omdat slakke konstante vogtige omgewings nodig het, ‘slaap’ hulle tydens erge droogtes. Só ‘n slaapsessie kan tot drie jaar lank duur.

Tuinslakke is nagdiere.

As jy ‘n slak as ‘n troeteldier wil aanhou, maak net seker dat jy hulle nie enige sitrusprodukte voer nie. Dit sal hulle vinnig deur die poorte van die slakhemel stuur…

 

 

Leave a Reply