Skip to main content

Die departement van binnelandse sake het die hoofdirekteur wat aanbeveel het dat die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy gesin met permanente verblyfpermitte uitgereik word, met onmiddellike effek afgedank.

In hul verklaring het die departement gesê die Bushiri-gesin het permanente verblyf gekry wat hulle nie verdien nie. Die hoofdirekteur vir toelatings, Ronney Marhule, is skuldig bevind op twee aanklagte van wangedrag wat verband hou met oneerlikheid en nalatigheid aan die einde van ‘n lang dissiplinêre verhoor wat byna ‘n jaar geduur het.

Die departement het gesê dit kom nadat Marhule by minstens drie geleenthede by die Arbeidshof en by die Arbeidsappèlhof vergeefs probeer het om die dissiplinêre proses te stop.

Bushiri en sy vrou Mary is sedert 2020 vlugtelinge van die gereg in Suid-Afrika. Die twee het in die hof verskyn op aanklagte van onder meer geldwassery ter waarde van US$6 miljoen (R100 miljoen). Die twee het hul borgtog verbeur met na bewering hulp van ‘n korrupte Suid-Afrikaanse polisiebeampte en haar man, waarna hul na hul tuisland, Malawi, gevlug het.

Hulle het toe voorwaardes gestel vir hul terugkeer na Suid-Afrika, insluitend ‘n versoek dat hul borgtogvoorwaardes nie herroep word nie, aangesien hulle “uit vrees vir hul lewe” gevlug het.

Leave a Reply