Skip to main content

Navorsing toon dat elke koei ‘n beste maatjie het. En ook dat, wanneer hierdie koeie van hul maats geskei word, hulle gestres raak. Hierdie skeiding beïnvloed koeie se melkproduksie asook hul hartkloppe.

En moenie dink dat koeie mekaar nié kan uitken nie. Vir ons lyk hulle dalk dieselfde, maar koeie kan onderskei onder mekaar, en kies self hul vriende. Koeie kan selfs hul vriendinne op foto’s uitken. Indrukwekkend, nie waar nie?

Koei-vriendskap kan waargeneem word wanneer dié liefdevolle diere mekaar lek, en saam wei. Koeie wat ‘n vriendin het, is rustiger, produseer meer melk, en deel graag gereeld liefde uit. Studies het ook getoon dat een koei altyd die ‘lekker’ is en haar vriendin altyd die ‘gelekte’ een. Dit het nooit omgeruil nie.

In kort: koeie handhaaf hierdie bondgenote tot aan die einde van hul lewens. Praat van ‘n beste vriendin hê…

 

 

Leave a Reply