Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta) erken dat provinsiale munisipaliteite agter die besoedeling van varswaterbronne sit.
Oos-Kaapse munisipaliteite stort rou riool in riviere, besoedel varswaterbronne, stel mense se gesondheid in gevaar en beïnvloed diere- en plantlewe, volgens die DA. Hierdie party beskuldig die provinsiale regering daarvan dat hulle versuim om plaaslike entiteite tot verantwoording te roep.
Die LUR vir Cogta, Xolile Nqatha, het in ‘n antwoord op skriftelike vrae van die LPW van die DA, Vicky Knoetze, onthul dat rioolbesoedeling van waterbronne wydverspreid in die provinsie was.
Volgens Nqatha is daar 31 pompstasies, opgaarstelsels en afvalwaterbehandelingswerke wat kennisgewings en ‘voorskrifte’ ontvang het die vanaf die Nasionale Departement van Water en Sanitasie vir nie-nakoming van wette nie. Nqatha het erken dat die departement nie die kennisgewings gemonitor het ná uitreiking nie.