Skip to main content

ISAAC CLOETE

Nog ‘n vuiluil het lewenslank gekry vir die wrede verkragting van ‘n dogtertjie.

Hy is Dudley Young (38) van Okiep, wat vier jaar gelede ‘n sesjarige dogtertjie hier verkrag het. Nou moet hy lewenslank sit.

Volgens die staat was Young bevriend met die ouers van die slagoffertjie. Sy het ook gereeld by Young se huis gaan kuier. Voor die voorval het Young die dogtertjie met lekkers gelok en verkrag.

Luidens getuienis van die dogtertjie se ma was sy baie hartseer toe sy haar kind na die dokter geneem het. Daar was bevind dat haar vagina lelik geskeur was.  Die slagoffertjie was hierna baie bang vir die donkerte en het haar bed begin natmaak, is aan die hof genoem.

Young het deurgaans skuld ontken en genoem dat hy nie verstaan waarom hy skuldig bevind was nie. Hy ook genoem dat die dogtertjie ‘n leuenaar is. Vir versagting het Young genoem dat hy nie geweldadig is nie. En dat hy nog nooit voorheen by ‘n soortgelyke seksuele misdryf betrokke was nie.

Die staataaanklaer, Basil (Jaguar) Kock het voor vonnisoplegging gevra dat Young lewenslank moes kryweens die aard van die daad. En dat die hof nie moes afwyk van die voorgestelde strawwe nie.

Hy het verder gesê: “Die oortreder het misbruik gemaak van die kind. Hy het ook gehoop dat hy nie uitgevang sou word nie. Die verkragting sal lank by die slagoffer spook, omdat hy haar as ‘n leuenaar beskou het.”

Daarenteen het Young se regshulpverteenwoordiger die hof versoek om van die voorgestelde vonnisse af te wyk.

Volgens die hof was Young ‘n erkende tikgebruiker wat geglo het dat die dwelm geen effek op hom het nie. Hy was ook ‘n pa-figuur wat nie verantwoordelik was nie, volgens sy eie getuienis.
“Howe moet die belange van die gemeenskap in ag neem. Vonnisse is daar om die publiek se uitroep om hulp tevrede te stel.”

Behalwe die lewenslange vonnis sal Young se naam in die nasionale register vir seksuele oortreders gevoeg word. Verder mag hy nie met kinders werk of ‘n vuurwapen besit nie. Hy is verlof tot appél teen sy vonnis toegestaan.

Na die hofverrigtinge het van Young se familielede  droewig gehuil, terwyl hy met sy regsverteenwoordiger beraadslaag het.

Leave a Reply

error: Content is protected !!