Skip to main content

Al 19 spesies pikkewyne woon slegs in die Suidelike Halfrond.
Die ‘seevoëls’ is kranige swemmers vanweë hul vaartbelynde lywe en van hulle was al in dieptes van 30m gevind. Keiserpikkewyne kan hul asems die langste, vir 2-3 minute op ‘n slag, onder die water ophou.
Pikkewyne se waggel word veroorsaak deur hul kort bene wat heel aan die punt van hul ronde, logge lywe is. Hul skelette is ook solied, en nie hol soos ander voëls s’n nie.
Hoe nader aan die ewenaar, hoe kleiner word die pikkewyne, en die areas waar hul woon beïnvloed ook hul karnivoor-eetgewoontes. Kleiner pikkewyne eet slegs vis, en die groteres leef van kril, seekatte en vis. Hulle kan ook seewater drink want hul liggame het kliere wat as filters dien.
Hierdie sosiale diere spandeer 80% van hul lewe in die water en spandeer die res op land om te broei. Pikkewynwyfies lê gewoonlik 1-2 eiers waarvan meestal net een uitbroei.
Hul natuurlike vyande is orkas, seeleeus, slanghaaie, jakkalse en robluiperds.
25 April (elke jaar) is Wêreldpikkewyndag.

Leave a Reply