Skip to main content

Inwoners van Bronkhorstspruit het Maandagoggend ‘n memorandum by die plaaslike munisipaliteit se kantore in die dorp ingedien waarin daar beweer word dat die Tshwane Munisipaliteit besmette water aan die gemeenskap verskaf.
Die skare van meer as 150 betogers het rondom Botha-, Kruger- en Lanhamstraat rondgestaan. Verskeie kruisings was ook met voertuie versper.
Die betogers beweer dat “onbehandelde water wat deur rou riool besmet is” aan die gemeenskap verskaf word en na bewering verskeie siektes veroorsaak. Die gemeenskap is keelvol en eis verbeterde dienslewering.

Leave a Reply