Skip to main content

Lebogang Maile, die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, het as ‘n antwoord op parlementêre vrae uit die DA se pen gesê dat staatsdepartemente se munisipale skuld meer as R449 miljoen beloop.
Die swakste betalende munisipaliteit is Emfuleni, met ‘n skuldsom van R26,56 miljoen. Lesedi-munisipaliteit staan in die tweede plek op die skuldpodium met R16,24 miljoen. Merafong skuld R2,59 miljoen.
Laasgenoemde twee munisipaliteite is tans onder administrasie.
Wat algehele departemente in Gauteng betref, lyk die skuldlys só: gesondheid (R344 miljoen); menslike nedersettings (R55,9 miljoen); onderwys (R46,4m); infrastruktuurontwikkeling (R9,6m); maatskaplike ontwikkeling (R6,5m); en paaie & vervoer (R5,9m).
“Terwyl die Gautengse staatsdepartemente versuim om hul verantwoordelikhede na te kom deur hul nutsrekeninge te betaal, is dit die munisipaliteite wat gestrand gelaat word en nie in staat is om die skuld aan Rand Water en Eskom te delg nie, om vervalle munisipale infrastruktuur reg te maak en in stand te hou of te sorg vir die dag-tot-dag dienslewering nie,” meen Solly Msimanga, die DA-LPW.

Leave a Reply