Gesondheidsowerhede in Spanje het ‘n waarskuwing uitgereik oor ‘n moontlike uitbraak van aappokke – ‘n seldsame en ongeneeslike virusinfeksie – in Madrid. Die waarskuwing volg op soortgelyke uitbrake in die Verenigde Koninkryk en Portugal. Al die Spaanse pasiënte is gay mans.
Aappokke is soortgelyk aan menslike pokke, wat in 1980 uitgeroei is, en kan met waterpokkies verwar word. Die aanvanklike simptome daarvan sluit in koors, hoofpyn, spierpyne, rugpyn, geswelde limfkliere, kouekoors en uitputting. ’n Uitslag begin dikwels op die gesig en versprei dan na ander dele van die liggaam.