Skip to main content

Seekoeie, wat eers as rivierperde bekend gestaan het, is die derde grootste landsoogdier naas witrenosters en olifante. Hul velle weeg ‘n verbysterende halwe ton.
Antieke Egiptenare het hierdie soogdier as ‘n vroulike godin van swangerskap beskou.
Seekoeie se bruin tot gryspers velle is glad, haarloos, en hul skei ‘n pienkbruin vloeistof af om hulself teen die son se ongenaakbare strale te beskerm as daar nie water of modder in hul onmiddelike omgewing is nie.
Hul pote het vier tone elk, en hul lywe is enorm, maar dit doen nie afbreek aan die spoed waarteen seekoeie kan hardloop nie. Trouens, seekoeie kan ‘n spoed van ongeveer 32 km/uur haal.
Hierdie lywige herbivore, wat snags tot 40kg gras kan verorber, kan tot 13 voet lank word en tot 3 200kg weeg. Hul normale lewensduur is sowat 50 jaar.
Die iSimangaliso-vleilandpark in KwaZulu-Natal het die grootste seekoeibevolking in Suid-Afrika.
Wyfieseekoeie se swangerskappe duur vir agt maande.
En … skokkend genoeg: seekoeie kan nie swem of onder water asemhaal nie.

Leave a Reply