Die Suid-Afrikaans-gebore miljardêr en stigter van Tesla, Elon Musk, het die Amerikaanse president Joe Biden as ‘n ondoeltreffende marionet afgeskryf en daarop aangedring dat, hoewel hy in die verlede “oorweldigend vir die Demokrate” gestem het, die party afwaarts gespiraal het.
Voortaan gaan hy Republikeins stem.
“Die regte president is wie ook al die teleprompter beheer,” het die SpaceX-uitvoerende hoof in ‘n potgooi verklaar. “Die pad na mag is die pad na die teleprompter,” was sy boodskap.
“Ek voel as iemand per ongeluk op die teleprompter sou druk, dit soos Anchorman gaan wees,” het hy voortgegaan, met verwysing na die 2004-komedierolprent waarin die hoofkarakter gelees het wat ookal op die teleprompter geskryf is, ongeag hoe absurd of nadelig vir sy eie loopbaan.