‘n Werknemer wat geweier het om teen Covid ingeënt te word, is volgens die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) nie geregtig op ‘n skeidingsvergoeding nie.
Die maatskappy waarvoor die werknemer gewerk het, het al hul staf ingelig dat inentings teen Covid ‘n vereiste is.
Die betrokke werknemer het geweier om die entstof te ontvang, en sy is ná daardie besluit afgelê.
Die KVBA se Kommissaris, Piet van Staden, het bevind dat haar weiering om ingeënt te word nie redelik is nie en dat dit “erg onregverdig” sal wees om te verwag dat die maatskappy ‘n skeidingsvergoeding moet betaal.
Volgens van Staden was die werknemers ‘onredelik’ om nie aan die werkgewer se beleid aangaande die verpligte entstof gehoor te gee nie.
Die werknemers het 22 jaar by die maatskappye gewerk, en was naby aan aftree-ouderdom.