Skip to main content

Suid-Afrikaners gaan nou die gordels stywer moet intrek aangesien die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) se Monetêre Beleidskomitee (MBK) die repokoers hierdie week gaan verhoog. Die aankondiging word teen 19 Mei verwag.

Ekonome en ontleders stem saam dat die verhoging hoër gaan wees as wat voorheen tydens vergaderings beplan is. Die verwagte styging is met 50bps tot 4,75%.

Isaah Mhlanga, die uitvoerende hoofekonoom van Alexander Forbes, het gesê die koers moet met 50bps verhoog word om wêreldwye finansiële toestande te hanteer.

“Ons verwag dat SA se inflasie bo die SARB se boonste teiken van 6,0% sal styg, gedryf deur brandstof-, elektrisiteit-, voedsel- en goederepryse. Verder verwag ons dat globale finansiële toestande vinniger sal verskerp, wat sal lei tot ‘n swakker USD/ZAR-wisselkoers, dus moet die SARB normaliseer in ooreenstemming met die Fed en ander groot sentrale banke,” het hy gesê.

Leave a Reply