Dis nie net in Suid-Afrika waar langvinger-lummels Covid-geld vasgelê het nie.
’n 24-jarige Japannese man het verdwyn nadat hy die ekwivalent van $358,000 (R5,75 miljoen) aan Covid-hulpgeld vasgelê het wat bedoel was vir al die huishoudings in die dorp Abu. Die hele bedrag is aan hom oorbetaal weens ‘n klerklike fout deur die dorp se owerhede, het Japan Today, ‘n plaaslike koerant, Maandag berig.
Die geld is verlede maand aan die Japannese dorp toegeken om onder sy 463 huishoudings te versprei. Die betrokke man was net een van baie mense wat in aanmerking gekom het om fondse te ontvang.