Skip to main content

Eers ‘n ou stasie wat ingerig was as gesellige kuier-gasteplek, is Hendriksdalstasie en die ou Artists Café in Mpumalanga vandag ‘n spookplek. Annelize Meyer Cloete het nou die dag daar ingery en gaan kyk. Sy skryf:

“Dit is ‘n hartseer storie. In 2001 Leon en Hetta Steyn die perseel van Spoornet gehuur en ‘n gastehuis begin. Hulle het ook die restaurant, wat vroeër deur twee kêrels uit Johannesburg, Julius en Frans, daar begin is en baie hoog aangeskrewe was, oorgeneem.

Dit was‘n baie gewilde kuierplekkie in die Laeveld. In 2009 is Leon en Hetta koelbloedig vermoor in hulle gastehuis. Sedertdien staan die plek verlate.

Volgens inligting is die egpaar se moordenaars nooit opgespoor nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!