Skip to main content

Switserse burgers sal, indien hulle nie uitdruklik bekendmaak dat hulle nié hul organe wil skenk nie, outomaties orgaanskenkers word wanneer hulle doodgaan. Dié nuwe wet is gister ingestem.

Die regering-gesteunde maatreël is gehandhaaf deur ongeveer 60 persent van Switserse burgers, met ‘n opkoms van net meer as 40 persent van alle stemgeregtigde kiesers. Die nuwe reëls sal nie onmiddellik in werking tree nie, aangesien die regering nog alle burgers van die verandering moet inlig, en ‘n nasionale databasis moet skep vir dié wat wil onttrek van die orgaanskenk-wet.

Die nuwe reëls sal slegs van toepassing wees op diegene wat 16 jaar en ouer is, en die organe sal slegs geneem word van pasiënte wat in ‘n intensiewesorgeenheid gesterf het en deur twee dokters bevestig is dat hulle dood is, volgens AFP.

Leave a Reply