Skip to main content

Seesterre eet goed soos plankton, slakke, oesters, sponse, koraal en mossels op ‘n baie eienaardige manier. In plaas van om die kos te eet en in te sluk, heg die seester sy liggaam aan die prooi en druk dan sy maag deur sy mond na buite.

Ensieme uit sy maag begin dan dadelik om die kos af te breek. Die voedsame dele word in die maag opgeneem voordat dit weer terugtrek in die seester se liggaam waar die kos verder verteer word.

Seesterre eet elke twee tot vier dae.

Daar is  ongeveer 1 600 verskillende soorte seesterre.

Leave a Reply

error: Content is protected !!