Skip to main content

Nadat vrae geopper is oor sy salaris, het die hoof uitvoerende beampte van die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater, Neal Froneman, sy pakket van R300 miljoen verdedig.

Volgens hom is dit soortgelyk aan wat sy eweknieë betaal word.

“Ek het niks met my vergoeding te doen gehad nie. Net ‘n klein gedeelte, ek dink R28 miljoen in hierdie geval, is ‘n kontantvergoeding wat deur die maatskappy betaal word. Die R270 miljoen se aandele is ’n koste vir die aandeelhouers,” het hy aan die Sunday Times gesê.

Froneman het ook gesê dat Sibanye ander topmaatskappye soos Anglo American Platinum, Gold Fields en Impala Platinum oortref het, dat hy die werknemers van 36 000 tot 85 000 laat groei het, en dat hy die markkapitalisasie laat styg het van R15 miljard na R150 miljard in ongeveer 9 jaar.

Leave a Reply