‘n Knewel van ‘n diamant wat in die vroeë 2000’s uit ‘n myn in Suid-Afrika ontgin is, is Woensdag vir R300 miljoen in Genève, Switzerland opgeveil.
“The Rock”, van 228,31 karaat, groter as ‘n gholfbal, is “‘n werklik uitsonderlike peervormige diamant”, het Max Fawcett, hoof van die juwele-afdeling by Christie’s-veilinghuis in Genève, gesê.
Die diamant, wat as ’n Cartier-halssnoer gedra is en in Dubai, Taipei en New York vertoon is voor sy veiling in Genève, sou na verwagting tussen $19 miljoen en $30 miljoen (R305 miljoen en R481 miljoen) haal.
Op die ou end, toe die hamer op Lot 26 afgekom het, het die knoets vir ‘n oorweldigende CHF18,6 miljoen (R301 miljoen) aan die hoogste bieër verkoop.
Baie intresante artikels dankie