Skip to main content

Krimpvarkies word dikwels verwar met ystervarke, maar die twee behoort glad nie aan dieselfde spesie nie. Krimpvarkies is soogdiere, en ystervarke is knaagdiere.

Daar is ten minste 15 verskillende soorte krimpvarkies in die wêreld.

Donkiejare gelede was die algemene – bygelowige – konsensus dat krimparkies in die middel van die nag melkkoeie sou leegsuip. Nugter alleen weet hoe die piepklein goedjies by die spene sou bykom, en hoe daai reuse spene in hul klein bekkies sou pas… Nog iets wat hierdie mite weerspreek, is dat hulle geen laktose mag inneem nie.

Krimpvarkies knor ook soos honde wanneer hulle opgewonde raak oor iets, kan swem, en is omnivore.

Krimpvarkies is redelik blind en maak staat op hul reuksin en gehoor om oor die weg te kom.

Die meeste krimpvarkies het spesiale proteïene in hul bloed wat slanggif kan neutraliseer, en dit maak hulle meestal immuun teen slangbyte. Nie altyd nie, maar meestal.

Die arme stekelrige diertjies was voorheen as peuselpakkies aangehou. Hulle sou gejag word, in klei toegerol word, en was dan op ‘n oop vuur gaargemaak wanneer die draer honger was. Wanneer die klei afgeskil was, sou die hare en stekels daarmee saam afdop. Ons beveel egter aan dat jy hulle eerder in die natuur los, of as jy hulle as troeteldiere wil aanhou, seker te maak dat hulle goed versorg word.

Gelukkig was hulle in ou Persië as heilig beskou omdat hulle oesvernietigende plae geëet het.

One Comment

Leave a Reply