Skip to main content

Lede van die Kroonstad Hoofwegpatrollie het ‘n 55-jarige man gister omstreeks 09:30 in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde koperkabels.

Die lede was besig om die N1 in Kroonstad na die suidelike rigting te patrolleer met stop- en deursoekpatrollies. Hulle het ‘n verdagte wit 10 ton vragmotor opgemerk wat in die noordelike rigting op pad was. Hulle het die vragmotor gestop en dit deursoek.

Agter op die vragmotor was verslete bande. Onder die bande was daar stukke koperkabels. Die bestuurder, wat alleen in die trok was, kon nie ‘n duidelike rekenskap gee van hoekom hy in besit van die kabels was nie. Hy is in hegtenis geneem en na die polisiestasie geneem.

Daar is beslag gelê op ‘n vragmotor en koperkabels. Die koperkabels het ‘n geraamde straatwaarde van sowat R82 000-00.

Die verdagte sal aangekla word vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en vir ‘n ongedokumenteerde persoon. Hy sal binnekort in die Kroonstad-landdroshof verskyn.

Leave a Reply