Skip to main content

Jaques van Rensburg, die DA se voormalige wyk 23-takvoorsitter in Johannesburg, beweer dat hy afgepers was nadat hy glo die misbruik van DA partyfondse wou aanmeld. Die misbruik het glo in Gauteng plaasgevind.

Van Rensburg wou die politieke hoof en parlementslid van die DA Johannesburg-Suid, Manny de Freitas, rapporteer by die DA se Federale Regskommissie omdat de Freitas na bewering ‘n bankrekening wat jare gelede gesluit moes word, steeds gebruik het.

Van Rensburg beweer dat de Freitas hom afgedreig het deur te sê dat hy besonderhede oor sy, Van Rensburg, se ontrouheid sou verklap indien hy die gebruik van die rekening sou rapporteer.

Leave a Reply

error: Content is protected !!