Skip to main content

Thailand se minister van gesondheid, Anutin Charnvirakul, het aangekondig dat die nasionale regering een miljoen gratis daggaplante in Junie aan huishoudings regoor die land sal versprei om Thais aan te moedig om dagga tuis te kweek, het CNN Woensdag berig.

Die nuus volg op die koninkryk se besluit in Januarie om sy burgers toe te laat om cannabisplante tuis te kweek nadat hulle hul plaaslike regering in kennis gestel het. Die plant kan egter net vir mediese doeleindes gekweek word en dagga kan nie kommersieel versprei word sonder ‘n toepaslike lisensie nie. Die nuwe reël sal op 9 Junie in werking tree.

Thailand se cannabis-voorstanders het aangevoer dat die feit dat huishoudings die plant by die huis laat groei, die oorwegend landbounasie sal help om sy ekonomiese herstel ná die Covid-pandemie ’n hupstoot te gee.

“Dit sal mense en die regering in staat stel om meer as 10 miljard baht [per jaar] se inkomste uit dagga en hennep te genereer,” het die minister van gesondheid aangevoer.

One Comment

Leave a Reply to Johann Cancel Reply