Skip to main content

Volgens pres Cyril Ramaphosa is die land gereed om na vore te tree in die groeiende vraag na platinumgroepmetale. Die Russiese oorlog teen Oekraïne het mynboubeleggers genoop om elders te kyk vir voorraad.

Dìt volgens sy toespraak vroeër die week tydens die Investing in African Mining-konferensie in Kaapstad.

“Ons produseer die helfte van die wêreld se palladium en ons produseer 75% van die wêreld se platinum en ons produseer sowat 90% van die wêreld se rodium,” het Peter Major, ‘n mynbou-ontleder gesê. “Omdat die wêreld die platinum en palladium wat hulle van Rusland kry, beperk, druk dit die prys op sodat ons in ‘n goeie posisie is.”

Suid-Afrika is ook ‘n groot steenkoolprodusent, en Major merk op dat steenkoolpryse aan die styg is.

“Ons was gelukkig om $100 per ton vir ons steenkool te kry, nou kry ons $300 per ton,” het hy gesê. “En ons voer net soveel steenkool uit as wat ons in 1994 gedoen het omdat ons infrastruktuur so sleg is. Maar ons kry ten minste drie keer die prys as wat ons sou kry.”

Leave a Reply