Skip to main content

Eskom se bedryfshoof, Jan Oberholzer, het gister erken dat Eskom dubbel meer krag moet opwek as wat hul hele arsenaal kragstasies tans lewer om die gaping in kragvoorsiening in die volgende dekade te kan dek, asook om “steenkoolstasies” geheel en al uit te skakel.

Die totaal ekstra MW benodig oor hierdie tydperk beloop 50 000!

Eskom voorsien tans sowat 45 000 MW.

Eskom-bestuurders het die media toegespreek oor die stand van die kragvoorsiener se sake na die afsluit van die huidige boekjaar. ‘n Verslag het skokkende inligting ontbloot, soos dat die afgelope jaar Eskom se swakste diensleweringprestasie tot nog toe was, met ‘n rekord 697 kere wat die land sonder krag gelaat was. Teen einde Maart was net meer as die helfte van die steenkoolkragstasies, 55,5%, in werking.

Leave a Reply