Na ‘n tersydestelling van ‘n uitspraak deur die Hoogste Hof van Appèl gaan baie ANC ‘grotes’ nou gekonfronteer word met die onaangename gevolge van hul optrede.
Die ontslape Bosasa-uitvoerende hoof, Gavin Watson, het gesorg dat ANC lede se handpalms gereeld geolie was met geskenke wat kontantskenkings van miljoene rande, drank, kruideniersware en sekuriteitskameras by privaatwonings ingesluit het. Van die ANC-lede wat voordeel uit Bosasa se ‘skenkings’ getrek het is onder andere Zweli Mkhize, Gwede Mantashe, Andile Ramaphosa en Nomvula Mokonyane.
Die hof se uitspraak beteken ook dat die likwidateurs stappe kan neem teen Watson se familie en voormalige Bosasa-bestuur, wat Angelo Agrizzi insluit, aangesien hulle betrokke was by korrupte kontrakte wat volgens die Zondo-kommissie, op ‘n “industriële skaal” gepleeg is.
Agrizzi was voorheen deur die likwidateurs ingelig dat hy R91 miljoen moet terugbetaal.