Die Valke het nog twee mans, ‘n pa en sy seun, in verband met die ongemagtigde R99-debietorder-bedrogspul in hegtenis geneem. Die skelmspul het bankkliënte R18 miljoen armer gelaat.
Direkteure van die Durban-gebaseerde inbelsentrum Sub User, Ravenda Singh (50) en sy seun Andrew (26), is verlede week in Johannesburg in hegtenis geneem, berig News24.
Kaptein Ndivhuwo Mulamu, ‘n Gautengse Valke-woordvoerder, het gesê hulle is van bedrog aangekla en het dieselfde dag in die Palm Ridge Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof verskyn. Hulle is elk op borgtog van R30 000 vrygelaat.