Vakbonde skop vandag hul staking af by ArcelorMittal SA, Afrika se grootste staalprodusent. Hulle eis ‘n 10% verhoging, wat volgens werkgewers nie volhoubaar is nie.
Die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) skaar hulle ook nou by ander vakbonde tydens hierdie staking nadat hulle die staalprodusent bedien het met ‘n 48-uur stakingskennisgewing. Numsa het meer as 400 000 lede en is SA se grootste vakbond. Hulle sê dat hulle ‘n loonverhoging eis wat bó inflasie is.