Skip to main content

Drie ondernemings in Koster is vroeër die week afgebrand as gevolg van ‘n gasbottel wat ontplof het.

Volgens inwonders glo hulle die brand kon vinnig geblus geword het as dit nie was vir die nalatigheid van die Kgetlengrivier-plaaslike munisipaliteit (Derby, Koster, Swartruggens) nie.

Die brandweerwaens het sonder water by die toneel opgedaag en die brandkraan op die sypaadjie het nie die nodige koppelstukke gehad nie.

Boere, hul werkers en plaaslike sakemanne in die omgewing het bystand probeer verleen met hul privaat-brandbestrydingstoerusting.

Mnr. Abdul Haffejee se familie doen al meer as 70 jaar besigheid op hierdie persele op Koster.

’n Soortgelyke toneel het hom Maandagaand op Thabazimbi afgespeel toe ’n brand by ’n gastehuis op die dorp ontstaan het en die brandweer nie in staat was om die brand te blus nie.

Leave a Reply