‘n 1964-skildery van die aktrise Marilyn Monroe deur die Amerikaanse kunstenaar Andy Warhol, bekend as ‘n leidende figuur in die popkunsbeweging, is Maandagaand vir $195 miljoen by Christie’s verkoop, wat dit die duurste stuk Amerikaanse kuns ooit gemaak het en die meeste wat ‘n 20ste-eeuse werk op ‘n openbare veiling gehaal het.
Die skildery Shot Sage Blue Marilyn is een in ‘n reeks van vyf portrette wat Warhol ná haar dood in 1962 van Monroe gemaak het, met ‘n promosiefoto van die aktrise en verskillende kleurskemas toegepas.
Die woord ‘shot’ in die titel verwys na ‘n skietery wat by Warhol se ateljee plaasgevind het kort nadat die werke voltooi is. Vier van die vyf skilderye in die reeks is beskadig, maar dit het uiteindelik miljoene by die prys gevoeg.
Die portret, wat deur Christie’s beskryf is as “die absolute toppunt van Amerikaanse pop”, het effens onder die skatting van $200 miljoen verkoop. Dié Warhol-doek het die vorige rekord oortref vir ‘n skildery deur Pablo Picasso, wat in 2015 vir byna $180 miljoen verkoop het.
Die Monroe-portret wat Maandag verkoop is, behoort aan die familie van ‘n Switserse kunshandelaar wat gesê het dat die opbrengs uit die verkoping aan liefdadigheid gaan. Die identiteit van die koper is nie bekend gemaak nie.