Skip to main content

Twee pasiënte is by die New Somerset-hospitaal dood en ‘n polisieman in die kop geskiet deur ‘n 40-jarige verdagte wat na die hospitaal vergesel is vir mediese aandag. Die man was besig om ontslaan te word toe die voorval plaasgevind het.

’n 32-jarige polisiebeampte van die Seepunt-polisiestasie, wat ’n ander verdagte bewaak het, is van sy vuurwapen beroof en in die kop geskiet, terwyl twee pasiënte naaste aan die verdagte in die saal ook doodgeskiet is.

Wes-Kaapse polisie het bevestig dat die 32-jarige Seepuntse polisiekonstabel, Donay Phillips, wat ernstig gewond is in ‘n skietery Saterdag by die New Somerset-hospitaal, vroeg Sondagoggend aan sy beserings beswyk het.

SAPD-beamptes op die toneel het die aanvaller vinnig in hegtenis geneem.

Die oorlede pasiënte, 42 en 48 jaar oud, se name is nog nie bekend gemaak nie.

Leave a Reply