Wie sou kon raai dat krappies van ongeveer ‘n duim in deursnee bioloë sal bekoor? Hulle staan bekend as ‘bokserkrappe’ of ‘dreunsangkrappe’ (cheerleaders) want hulle het altyd twee steekanemone in hul knypers ter verdediging. Die anemone lyk dan soos bokshandskoene of pom-poms.
Die drie tipes anemone wat hulle so ronddra, word nie misbruik in hierdie geval nie. In teendeel, die anemone vind baat by die vennootskap, want hulle word só in staat gestel om meer kos met hul tentakels te vang.
Die krappe vervang soms die anemone met korale en sekere tipes sponse.