Skip to main content

Die agtjarige meisie van Thabong wat verlede jaar Junie ontvoer, verkrag en vermoor is, se moordenaar, Motsika Stompie Rapuleng, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Op 21 Junie 2021 het Rapuleng se meisie die dogtertjie by haar skool gaan haal en ‘n losprys van R50 000 van haar ouma geëis. Die opdrag was dat die polisie nie betrek moet word nie.

Die liggaam van die agtjarige kind is later, op 24 Junie 2021, in ‘n oop stuk veld tussen Riebeeckstad en Thabong deur die polisie gekry.

’n Saak van ontvoering, afpersing, verkragting en moord is ondersoek en twee verdagtes is aangekeer.

Motsika Stompie Rapuleng is verlede Vrydag deur die Welkom Hooggeregshof tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis.

Rapuleng se meisie se saak duur nog voort.

Leave a Reply