Die SAPD Komatipoort-stasie het sukses behaal in die hantering van rooftog-tendense in die paaie rondom Hectorspruit, met arrestasies wat positiewe effekte gehad het op die vlae misdaad.
Die publiek word gewaarsku dat voorvalle egter steeds plaasvind, met misdadigers wat die 45 km stuk pad lukraak uitbuit. Die aanvalle gebeur altyd na donker, en meestal tussen 21h00 en middernag.
Alhoewel die meeste teikens Mosambiekgebonde was, is ‘n taxi op pad na Nelspruit onlangs geteiken en op 6 Mei, net voor middernag, tot stilstand gedwing. Aanvallers het aan beide kante van die pad weggekruip toe die taxi stilgehou het, en slegs die onmiddellike aankoms van ‘n SAPD-voertuig op die toneel het ‘n ramp verhoed.
Wees uiters versigtig wanneer jy snags op die N4 tussen Malelane en Komatipoort reis.
Belangrike nommers:
SAPD Komatipoort: 013 793 7464
SAPD Malelane: 013 790 2720/1
TRAC N4 beheerkamer: 082 881 4444
Uitgereik deur Komatipoort en Malelane CPF