Citac, ‘n energiekonsultant, se verwagting is dat Suid-Afrika se maandelikse invoere van petroleumprodukte teen 2023 sal verdriedubbel. Dis is as gevolg van binnelandse raffinaderye wat op strepe toemaak.
‘n ‘Skoonbrandstofbeleid’ wat volgende jaar geïmplementeer word, sal veroorsaak dat meer raffinaderye, ongeveer ‘n derde van die huidige operasionele aanlegte wat nie aan die verwagte vereistes kan/sal voldoen nie, sal sluit.
“Hierdie sluitings is beduidend en meestal in reaksie op die CF2-regulasies,” het Citac gesê met verwysing na die beleid.
Die sluiting van die Engen-olieraffinadery, ‘n gebrek aan grondstof vir PetroSA se gas-tot-vloeistof-aanleg in staatsbesit, asook ‘n ontploffing by Glencore Plc se Kaapstad-raffinadery, het ‘n beduidende invloed op die verskaffingskapasiteit gehad. Die land se grootste aanleg, Sapref, wat besit word deur BP Plc en Shell Plc, het reeds bedrywighede opgeskort terwyl dit op ‘n geskikte koper wag.
Fleetwood Grobler, die uitvoerende hoof van Sasol, het vroeër vanjaar gesê dat Sasol nog nie hul Natref-raffinadery se opsies oorweeg het nie.
Volgens die berig in Businesstech voer ons sowat 60% van ons brandstof in.
‘n Toegewyde skeepsroete sal vinnig in werking moet kom as die sluiting van aanlegte voortduur, maar dit sal beteken dat daar enorme verhogings in kostes sal wees vir enige brandstof en brandstofverwante produkte.