Skip to main content

’n Man is Vrydagoggend in Schoemansdal in hegtenis geneem in verband met die wrede moord op Hillary Gardee.

Hillary is Dinsdagoggend, 3 Mei, naby die Sabie/Lydenburgpad dood aangetref.

Die provinsiale polisiekommissaris, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het die aankondiging Vrydag net ná 23:00 buite die Gardee-familiehuis in West Acres, Mbombela (Nelspruit), gedoen.

Die verdagte, ‘n Swazi-gebore staatsamptenaar en die aangenome seun van ‘n vooraanstaande politikus, sal na verwagting vandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn.

Leave a Reply