Skip to main content

Die VK se Nasionale Misdaadagentskap het sowat $23,5 miljoen se geroofde geld teruggevind. Die staatskoffers was geplunder deur die voormalige Nigeriese diktator, wyle Sani Abacha, asook sy bondgenote en familie.

Volgens die VK se misdaadagentskap-webwerf is die geld herwin as deel van ‘n groter poel fondse wat deur die Amerikaanse departement van justisie geïdentifiseer is as gesteel uit Nigerië in die 1990’s deur Abacha en sy medepligtiges, berig allAfrica.

Die Nigeriese regering het nog nie hierop reageer nie.

Leave a Reply